Gamkaberg – Tierkloof Wandelpad

4 – 5 Novemver 2016.

Slegs 8 plekke.

0 Plekke beskikbaar. 

Welkom om van jul vriende saam té nooi! 

Taamlike uitdagende heen en weer roete met goeie styging op die eerste dag (300m – 1000m). Die terrein is ook meestal in die rivierbedding oor spoelklippe vanwaar daar uit gestyg word hoër op na fynbos. Pragtige verskillende plantegroei word ervaar met die hoogteverskille. 

Vrydag word oornag in die Stable rooms. 

Saterdag: 13.2km lekker opdraande.

Saterdag se oornagplek is onder die sterre of vir die bangbroeke in die Oukraal hutte bo-op die berg waar twee van ons bekende bergreekse vanaf dieselfde uitsig bewonder kan word. ‘n Meteor Shower word verwag dié naweek.

Sondag ‘n makliker terugtog (11.6km) aangesien die berg af gestap word. Onseker oor die vertrektyd, maar skat dit sal in die omgewing van 14:00 wees. 

Gaan lees gerus oor die roete – dit is ‘n baie besonderse roete en omgewing: Gamkaberg Cape Nature  

R280per persoon vir die naweek se verblyf.  (R135+R145) 

Voorsien eie kos. 

Vervoer sal nader aan die tyd gereël word. (Saamry en saamklub vir brandstof kostes) 

Vanaf Mosselbaai: 79km (75min)

Vanaf George: 99km (88min)

Bevestig jou plek so gou moontlik:

(0 Plekke beskikbaar, eerste navraag het eerste opsie)

Werner 0796933256

Payment Details
 

 

 

Other Hikes: